Inskrywings Vorms & Inligting

Skoolbenodighede:

  1. Stuur asb ‘n kleinerige sakkie sonder wiele skool toe (Indien moontlik met ‘n ekstra sakkie vooraan) 
  2. Merk asb al u kind se besittings  duidelik 
  3. Plaas asb ‘n skoon stel klere in ‘n plastieksakkie binne in hul tassie ( Dit bly in hul rakkie tot benodig word.)
  4. ‘n Gesonde kospakkie vir elke dag bv (‘n vrug, worsie, yoghurt, broodjie, kasie en ‘n bekertjie water( Geen koekies of lekkers nie asb) 
  5. Plastiek weggooisakkies vir kleuters wat doeke dra 
  6. ‘n Afskrif van u kind se kliniekkaart, en geboortesertifikaat sowel as beide ouers se ID dokumente 
  7. ‘n Hardebandboekie met ‘n foto van u kind voorop 
  8. ‘n Jumbo grootte foto van u kind 

Benodighede per kwartaal:

2 x Rolle dubbellaag toiletpapier, 1 x boksie tisoes per gesin 

2 x gomstiffies 

1 x legkaart (24-36stukke) aan die begin vd jr 

1 x leesboekie (begin vd jaar) 

Kleredrag:

Trek asb vir u kleuter praktiese en gemaklike klere aan, aangesien ons met verf en gom werk. Vermy asb lang rokkies.  Dogtertjies moet asb ‘n kort broekie onder hul rokkies aantrek sodat hul gemaklik kan klim en klouter. Merk asb alle kledingstukke duidelik.

Verslae en assesering:

Vorderingsverslae sal in Junie en Desember uitgegee word.  Deurlopende vordering sal  met u bespreek word. 

Siektes:

Volgens gesondheidsregulasies moet kleuters wat aan ansteeklike siektes lei, tuis bly tot die aansteekperiode verby is. Neem asb ander kleuters se gesondheid in ag as u kind verkouesimptome ondervind. Gee asb genoeg vitamines . Creshe guard of Schotch emultion werk goed. Stel my asb voor 8:30 in kennis.

Baie dankie vir u begrip en samewerking 

Partytjietyd is baie pret!!!

Ons vier graag u kind se spesiale dag met eetgoed. U is baie welkom om kolwyntjies, skyfies of ‘n roomyskoek te stuur. Hou asb in gedagte dat die kleuters se magies maar klein is en beperk die eetbederfies tot een van die bg. Ons stuur graag vir u videos en foto’s. Hou asb die groot partytjies tuis.